Verlossing
Ek bloei op papier
druppel
vir
druppel
in my donker uur
tussen ‘n duisend stukkies
versplinterde glas
op ‘n koue teel vloer
my liggaam is vuur
ek staar,
blind
na die wit muur
deur gebarste lippe
brand asem
oor
kakebeen van klip
ek sien spatsels
bloedrooi
teen wit
ek reik uit
raak lug,
alleen,
weggesmyt
waar is u, Heer
ek soek
verlossing
van my seer
roggel woorde
met laaste asem
dof staar haar oë
druppel
vir
druppel
in my donker uur
tussen ‘n duisend stukkies
versplinterde glas
op ‘n koue teel vloer
my liggaam is vuur
ek staar,
blind
na die wit muur
deur gebarste lippe
brand asem
oor
kakebeen van klip
ek sien spatsels
bloedrooi
teen wit
ek reik uit
raak lug,
alleen,
weggesmyt
waar is u, Heer
ek soek
verlossing
van my seer
roggel woorde
met laaste asem
dof staar haar oë
No comments:
Post a Comment